Ons is Plaasklonkies
“Waar ons speel-speel leer.”
x
Ons Missie
By Plaasklonkies streef ons daarna om ‘n atmosfeer te skep waarin kinders kan leer deur spel. Ons wil graag hê die kinders moet veilig en geborge voel, beide emosioneel en fisies, en om met respek deur ander behandel te word. Op die manier wil ons by hulle ‘n liefde vir God, hul medemens, die natuur en hulself kweek!
Plaasklonkies Waardes
K – Kindwees
Ons vier die vreugde van kindwees – om te ontdek en leer deur lag en speel.
L – Liefde
Alles wat ons doen, gebeur met liefde – vir kinders, vir leer en vir mekaar. ❤️
O – Ontdekking
Elke dag bring nuwe dinge om te leer en ervaar; ons moedig nuuskierigheid en vrae aan.
N – Natuur
Ons leer uit en in die natuur – met diere, plante en vars plaaslug om ons. 🌿
K – Kreatiwiteit
Ons glo in handjies wat maak, verf en bou. Kreatiwiteit help kinders om hulself uit te druk. 🎨
I – Integriteit
Ons leer van eerlikheid, respek en doen wat reg is – al kyk niemand nie.
E – Empatie
Ons leer om om te gee, te deel en ander se gevoelens te verstaan. 💛
S – Samewerking
Ons werk saam, help mekaar en vier elkeen se suksesse – want saam is ons sterker! 🐮
Klassies

Eendjies
Gr RR

Koeitjies
Gr RR

Skoenlappers
0-1 jaar

Kewertjies
1-2 jaar

Perdjies
2-3 jaar

Skapies
2-3 jaar

Hasies
3-4 jaar

Kuikens
3-4 jaar
Personeel
Gina Swanepoel
Lorinda van Wyk
Chrissie Smuts
Dora Makheti
Sarha van Zyl
Johanna Swarts
Bernice van den Berg
Monica Botha
Taz Huisman
Elizabeth Sediane
Dera Cilliers
Magdeline Sethlodi
Wat mense van ons sê
Adres:
Ravel Road 75, Mantevrede, Vanderbijlpark