Welkom by Plaasklonkies Kleuterskool
Ons Storie
Plaasklonkies het ontstaan uit ’n eenvoudige droom – om ’n plek te skep waar kinders vrylik kan speel, leer en groei, nes op die plaas. 🌻
Ons is trots daarop dat Plaasklonkies ontstaan het uit ’n ma se hart en droom om haar eie kinders in ’n warm, huislike omgewing te laat groei en ontwikkel. Vandag is daardie droom ’n vrolike kleuterskool waar elke kind deel is van die Plaasklonkie-familie.
Wat begin het as ’n klein groepie maatjies wat saamspeel tussen plaasdiere en gras, het gou gegroei in ’n liefdevolle leeromgewing waar elke kind se unieke persoonlikheid gesien en gekoester word.
Ons glo dat leer op hierdie jong ouderdom speels, nuuskierig en vol avontuur moet wees. Elke dag op die ‘plaas’ is ’n nuwe avontuur. Hier leer kinders om hulself te wees en trots te wees op wie hulle is. 🐮🌻
By Plaasklonkies leer ons deur stories, liedjies, vuil word en buite speel — want ons glo kinders leer die beste wanneer hulle gelukkig is!
Waar ons speel-speel leer
Plaasklonkies Kleuterskool is ‘n Afrikaanse, Christelike Kleuterskool waar ons daarna streef om ‘n atmosfeer te skep waarin kinders kan leer deur spel.
By Plaasklonkies glo ons dat elke kind uniek is en die wêreld op sy of haar eie manier ontdek. Ons streef daarna om ‘n veilige, liefdevolle en stimulerende omgewing te skep waar kleintjies kan leer deur speel, ontdek en pret.
Ons fokus op:
- Liefdevolle, persoonlike aandag aan elke kind
- Leer en ontwikkeling deur spel
- Christelike waardes en goeie maniere
- ’n Vaste roetine met baie buitelugpret
- Ouervriendelike kommunikasie en ondersteuning
👉 Kom kuier gerus, ons kan nie wag om jou en jou kleinding te ontmoet nie!
Adres:
Ravel Road 75, Mantevrede, Vanderbijlpark