Welkom by Plaasklonkies Kleuterskool

Waar ons speel-speel leer

Plaasklonkies Kleuterskool is ‘n Christelike Kleuterskool waar ons daarna streef om ‘n atmosfeer te skep waarin kinders kan leer deur spel.

Meer oor Plaasklonkies

Skooltye

Plaasklonkies is oop van Maandae tot Vrydae, tussen 07h00 en 17h00.

Plaasklonkies is oop dwarsdeur die jaar, behalwe op naweke, publieke vakansiedae en ‘n drie week-periode oor die kersgety.

Maaltye

‘n Weeklikse spyskaart is beskikbaar om ouers te help om nie maaltye te dupliseer tuis nie.

Ons spyskaart is uitgewerk deur ‘n geregistreerde dieetkundige.

Program

Plaasklonkies se program volg ‘n geselekteerde tema elke week wat voorsiening maak vir speletjies en aktiwiteite wat verband hou met die tema.

Ons gebruik die “Day by Day” program by die skool. Kliek op die logo vir meer inligting.

Jaardagboek

Ons sien sommer baie uit na hierdie lekker dae.

Neem asseblief kennis dat die datums onderhewig is aan verandering.

Adres:
Ravel Road 75, Mantevrede, Vanderbijlpark